Gesellig Afrikaans Taalverwerwing Kort Leerprogramme
Die kort leerprogram, Gesekllig Afrikaans, gemik op vreemdetaal-sprekers, word elke semester aangebied en is gemik op personeel, internasionale studente en lede van die publiek wat daarin belangstel om n nuwe taal aan te leer. Hier is van die suksesvolle studente en die twee fasiliteerders van die tweede semester van 2025.
By die sertifikaatseremonie moet elke student ’n kort toespraak lewer. Hierdie geleentheid toon hoe goed die studente ná slegs veertien weke se klasse in Afrikaans kan gesels. Klasse begin elke jaar in Februarie en Julie.
Vir meer inligting oor Gesellig Afrikaans, stuur ’n e-pos na geselligafr@ufs.ac.za.
Die Gesellig Afrikaans Taalverwerwing Kort Leerprogramme, leer studente om binne 14 weke in basiese Afrikaans te kan praat en dit te verstaan.
Die 2025 tweede-semester studente was (van links na regs):
Lucy Lehula, Rabia Tepe, Rahel Staerk, Corné Richter (fasiliteerder van die basiese program), Rasmus Klamka, Ayanda Mhlauli en Dr Omololu Aluka.
Om aansoek te doen vir die Afrikaanse kortleerprogram, stuur ’n e-pos na: geselligafr@ufs.ac.za, of besoek die Kovsie Phahamisa Akademie vir Kortleerprogramme se webblad by https://www.ufs.ac.za/kpa om meer inligting oor die kortleerprogramme wat deur die Universiteit van die Vrystaat aangebied word.