Populêre lesing

 

Hiermee word jy vriendelik uitgenooi na ’n populêre lesing aangebied deur die Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans aan die Universiteit van die Vrystaat.

Eerste lesing in 2026: Die Pad na Binne: Memoirskryf


SPREKER: Zarine Roodt


Datum: 
Vrydag 20 Februarie 2026

Tyd: 11:00-12:00

Plek: FGG201

OPSOMMING

Die praatjie handel oor reis en memoirskryf deur ’n Jungiaanse lens; hoe die uiterlike reis en die innerlike reis hand-aan-hand loop, en veral hoe die binnereis tydens ’n reistog (kan) verdiep. Die skrywer se twee memoires is gebaseer op haar reise voor haar 50ste en 60ste verjaardae onderskeidelik: die eerste een op soek na verafgeleë labirinte in Engeland, en die tweede een op haar staptog van vyf weke op die Portugese Camino. Daar word ontleen aan die siening van Alain de Botton (2002: The Art of Travel) en Rebecca Solnit (2005: A Field Guide to Getting Lost) oor “losing oneself” en “getting lost” en hoe dit skakel met die konsepte transformasie en individuasie. Daar word ook aandag gegee aan hoe om die teks te verlewendig sonder om af te wyk van die skrywer se begeerte om haar ervarings waarheidsgetrou weer te gee, en om terselfdertyd op die beginsels van goeie skryfwerk bedag te wees. Die praatjie word met wenke vir memoirskryf afgesluit.

OOR DIE SPREKER

Zarine Roodt is ’n oudstudent van die Universiteit van die Vrystaat in die Departement Kommunikasiekunde (1977–1980) en ’n oud-dosent van dieselfde departement (1984–1989). Nadat sy die universiteit verlaat het, het sy ’n skakel- en reklame-agentskap op die been gebring, waarvan sy die belange in 1999 verkoop het. Sy het sielkunde aan die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) begin studeer en haar tweede meestersgraad aan hierdie instansie verwerf (2009); die fokus van die verhandeling was skryfterapie. Deesdae bied sy werksessies en retreats aan vir vroue, waar sy haar agtergrond in hierdie twee dissiplines vanuit ’n Jungiaanse perspektief kombineer. Sy ontleen aan haar ervaring van skryfterapie en konsentreer op Jungiaanse konsepte soos individuasie, die onbewuste, argetipes en droomanalise. Haar eerste memoir, enkelreis (Hemel & See), is in 2014  gepubliseer; en haar tweede, ’n Dagreis ver (Naledi), in 2022.

RSVP asb. aan Petronella Bango: BangoPJ@ufs.ac.za

 

uitnodiging
 
 

Fakulteitkontakte

T: +27 51 401 2240 of humanities@ufs.ac.za

Nagraads:
Marica Coetsee: +27 51 401 2369

Voorgraads:

Katlego Mabulana: +27 51 401 2495
Juanita Hlongwane: +27 51 401 3269

Humanities photo next to contact block